top of page

Ons skool groei!

Pomario word toenemend die eerste-keuse skool in die Olifantsriviervallei – en selfs verder! Ons bou tans nog twee klasse aan om te voorsien in die behoefte by ons laer- en hoërskool. Ons voorskoolse afdeling word ook met nog twee klasse uitgebrei, met ‘n derde een wat in die vooruitsig gestel word vir 2023.

Om dié groei in perspektief te stel: In Oktober 2020 het ons 9 klasse gehad, maar in Desember 2021 sal ons 17 klasse hê!

Vinnige feite oor Pomario:

1. Pomario is in 2022 ‘n volle tien jaar oud. Ons gaan behoorlik makietie hou om dié mylpaal te vier!

2. Ons onderwysers is ten volle gekwalifiseerd vir die vakke wat hulle aanbied.

3. Ons glo dat klein klasse en goeie onderwysers die eerste boustene van gehalte-onderrig is. Ons grootste klas het tans 19 kinders en ons mikpunt is om maksimum 20 kinders per graad toe te laat. Ouers wat wil aansoek doen, moet dus gou spring – binnekort is ons vol!

4. Ons het ‘n volledige hoërskool, laerskool en voorskoolse afdeling. Ons bied dus ‘n eenstop-diens aan vanaf 3 maande tot 18 jaar!

5. Ons kurrikulum voldoen ten volle aan die KABV (CAPS).

6. Ons skool is by die Departement van Onderwys geregistreer en ons matrieks skryf jaarliks die Nasionale Senior Sertifikaat-Eksamen.

7. Geen multigraad-klasse nie! Pomario is nou groot genoeg om van die laaste multigraad-klasse ontslae te raak.

8. Ons is gemeenskapsgedrewe en familielewe is vir ons baie belangrik. Ons probeer hier



die waardes uitleef in al ons programme.

9. Ons praat nie net van gehalte-onderrig nie; ons dóén dit. Kom kuier gerus en beleef dit self!

Voorskool-feite

1. Ons voorskoolse afdeling is reeds meer as sewe jaar oud. Die personeel is kundig en die programme is gevestig.

2. Ons is trots op die “Uiltjies” wat elke jaar deeglik voorberei word vir die lewe in die “regte skool.” Kinders in Gr R word geleidelik voorberei vir Gr. 1 deur toepaslike verrykingsprogramme. Hulle besoek ook die Gr. 1-klas en hulle leer die juffrou vroeg reeds ken. Die oorgang vanaf die voorskool na Gr. 1 is dus maklik en lekker.

3. Veiligheid eerste! Ons voorskoolse afdeling word apart van die “groot skool” bedryf, dus is u kind absoluut veilig en geborge.

4. Ons leer by mekaar! Soms nooi ons die “Uiltjies” na die skool se wetenskapklas vir ‘n interessante praatjie en soms besoek ons laer- en hoërskoolonderwysers hulle in hulle klasse vir verrykende aktiwiteite. Die “Uiltjies” geniet dus die voordeel van kundige onderwysers op ‘n informele manier. Omdat Pomario ‘n gekombineerde skool is, word almal verryk deur dié sinergie.

130 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page