top of page
About: Section Title
About: Team Members

Wie is ons?

Pomario Onafhanklike skool bied 'n ryk leeromgewing wat reeds talle studente gehelp het om hulle potensiaal te bereik. Dié skool wat in 2012 gestig is, is in Citrusdal geleë en dit weerspieël die uiteenlopende agtergronde en kulture van die omgewing. Ons is baie trots op ons studente en personeel wat altyd gretig is om saam te leer, te skep en te groei.

 

POMARIO is 'n Latynse woord wat "boord" beteken. By Pomario glo ons daaraan om saad van goeie opvoeding te plant. Ons kweek afgeronde individue terwyl ons saam groei in 'n veilige omgewing waar kinders kan floreer en vrugte dra vir toekomstige geslagte tot voordeel van ons streek, ons land en die wêreld.

​

Pomario Onafhanklike Skool is 'n Christelik-gebaseerde dubbelmedium privaatskool wat daaraan toegewy is om gehalte onderrig met individuele aandag in klein klasse aan te bied. Ons skoolkultuur is uniek en verwelkomend. Ons is trots op die positiewe en ondersteunende verhoudings tussen studente, onderwysers en ouers. Ons leuse, "Growing Together", staan sentraal in alles wat ons doen.   

​

Ons missie is: "Pomario maak jou bewus van wie jy is en wat jy kan word". Hierdie spreuk motiveer ons elke dag om ons studente voor te berei vir 'n blink toekoms! 

About: Headliner
IMG_2241_edited_edited.png
IMG_1058_edited.jpg

Kies Pomario. Jy sal nooit weer terugkyk nie!

  • Ons is meer as net 'n skool – ons is familie!

  • Ons klasse is klein genoeg vir individuele aandag aan elke kind – en dit sal altyd so wees!

  • Ons bied dubbelmediumklasse aan met Afrikaans en/of Engels as huistaal.

  • Ons bied die volledige CAPS-kurrikulum aan vanaf Gr 1 tot Gr 12.

  • Ons Graad 12 leerders skryf elke jaar die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.

  • Hoërskoolleerders kan die Cambridge International program volg vir beter studiegeleenthede plaaslik en oorsee..

  • In tye van onsekerheid, wanneer ander skole hul kurrikulum verkort en aanpas, bied ons aanlynklasse aan met onverkorte akademiese inhoud.

  • Ons bied nasorg met 'n gestruktureerde program. 

  • Ons skep 'n unieke, geborge leeromgewing waar almal waardeer word. 

  • Ons gee om vir mekaar en die omgewing.

  • Ons is geleë in een van die mooiste dele van die land 

About: Headliner
About: Photo Gallery
IMG_1282_edited.jpg
bottom of page