top of page
IMG_6856.jpg

Kweek Uitnemendheid, Vindingrykheid en Kreatiwiteit

Pomario Onafhanklike Skool

Welkom by Pomario

"Pomario" is die Latynse woord vir "Boord". Hierdie mooi beeld pas perfek in by die lieflike Citrusdal-vallei met sy vrugteboorde wat verspreid langs die Olifantsrivier lê. Soos 'n boord, streef ons by hierdie besondere skool daarna om die saad van gehalte-onderwys te plant en ons kinders te voed sodat hulle kan groei tot afgeronde, selfversekerde individue.

Ons  skool se missie is: "Pomario maak jou bewus van wie jy is en wat jy kan word". Met hierdie oogmerk in gedagte is dit ons doel om elke kind te help floreer
 om sy/haar volle potensiaal te bereik. Ons benadering is persoonlik en ons pas aan by elke kind se unieke behoeftes. So ontwikkel hulle tot gelukkige, spontane jongmense, toegerus met gesonde waardes, lewensvaardighede, 'n duidelike  visie en 'n positiewe selfbeeld – gereed om die steeds veranderende wêreld as jong volwassenes uit te daag. 

Met 'n kind-gesentreerde benadering sal ons die spesiale gawes in elke kind herken en aanmoedig terwyl laterale denke, selfmotivering en onafhanklikheid ontwikkel word. Kleiner klasse met individuele aandag, uitstekende onderwysers en 'n innoverende kurrikulum verseker 'n stimulerende opvoeding teen bekostigbare privaatskooltariewe.

Leerders wat by ons "skoolgesin" aansluit, floreer in 'n huislike, veilige en liefdevolle opset binne 'n pragtige, landelike omgewing.
  Ons streef daarna om die kinders soveel as moontlik aan positiewe ervarings bloot te stel om hulle 'n volledige, afgeronde begrip van die wêreld te gee. Ons bied nie net hoë akademiese standaarde nie, maar ook sport, drama, musiek en kuns.  Ons onderneem skooluitstappies, ons neem deel aan gemeenskapsopheffing en ons leer ons kinders om verantwoordelike individue te wees deur hulle te betrek by volhoubaarheid, herwinning, groenteverbouing en 'n verskeidenheid gemeenskapsaktiwiteite.  Hulle word geleer om mekaar en die natuur te respekteer, te koester en te waardeer. Hulle omhels en vier diversiteit binne 'n raamwerk van Christelike beginsels wat waardeer en nagekom word.

​

Ons leuse is "Growing together" en ons is trots daarop dat ons 'n sorgsame gemeenskap is wat aan studente, onderwysers en ouers die geleentheid bied om saam te groei tot landsburgers wat 'n besondere rol in die gemeenskap speel. 

Home: Welcome
Home: About

Inskrywingsvorm

Dankie dat u die inskrywingsvorm ingedien het!

Home: Services
Home: Subscribe
bottom of page