ONs visie

Pomario se visie is om elke leeder se potensiaal te ontdek, hul te help om dit te bereik in ‘n veilige omgewing.

Ons saai die saadjie van kwaliteit opvoeding, koester ons kinders en help hul groei tot afgeronde en selfversekerde individue.

Ons hoogste prioriteit is om die kind te ontwikkel met ‘n geїndividualiseerde benadering.

Daar word voorsiening gemaak vir elke kind se unieke behoeftes om gelukkige en spontane kinders te wees met lewenswysheid, ‘n eie lewensvisie en ‘n positiewe selfbeeld, gereed om die veranderende omgewing as jong volwassenes aan te pak.

Met Pomario se leerdergesentreerde benadering word elke kind aangemoedig om laterale denke te ontwikkel en selfgemotiveerd en onafhanklik te ontwikkel.

Kleiner klasse met individuele aandag, goeie gehalte onderwys en  innoverende leermateriaal, sal allesomvattende en stimulerende onderrig verseker teen bekostigbare privaat skool tariewe.

Die Pomario-familie bied ‘n huislike, veilige en liefdevolle omgewing waarin leerders kan floreer in ‘n pragtige, landelike omgewing. Ons poog om die leerders bloot te stel aan so veel moontlik deur uitstappies te onderneem asook gemeenskapsprojekte aan te pak om sodoende ook begrip vir hul omgewing te ontwikkel.

Leerders word geleer om in ‘n diverse samelewing mekaar te respekteer, te koester en te waardeer  binne ‘n raamwerk van Christelike beginsels.

POMARIO PRIVAATSKOOL

PAUL DE VILLIERSSTRAAT (R303)

CITRUSDAL, 7340

022 125 0561

©2019 BY POMARIO PRIVATE SCHOOL.